Sommer net…

27 May

Gesteelde tyd, sommer net ‘n oomblik

Dan gaan die wêreld staan

Kleure vermeng in ‘n beeldskone kunswerk

Dood stil

Net ek en jy

Vasgevang in my eie droom

Ek weet dit sal nie bly

My kop op jou bors

Jou arms om my lyf

Hartstog vat vlam

Dit wat nog altyd bly smeul

Dit raak werklik

Die gesteelde tyd

Die “sommer-net” oomblik

Ek verstaan nie die logika

Of dalk die gebrek daaraan

Om geluk en liefde sommer net weg te gooi

Dit voel soos mors

Dit wat ek voel

Beteken niks

Ook dit wat jy sê jy bedoel

Sommer net is te maklik

Sommer net is te seer

Sommer net maak my deurmekaar

Sommer net is sommer net

En ek en jy is nie sommer net nie

Ons is ‘n eens in ‘n leeftyd

Moet dit nie vergeet nie

© Helga Gouws

Eens in 'n leeftyd

4 Responses to “Sommer net…”

  1. Matt Mei 27, 2015 at 11:16 vm #

    Dankie dit is sommer net wonderlik dat n mens nog sulke goeie mense in die lewe raak loop ek het ophou glo dat daar nog sulke mense is Lekker dag

    • hx Mei 27, 2015 at 3:16 nm #

      Dankie! Selde vir jou Hx

      • Mattheus Mei 27, 2015 at 4:01 nm #

        Moet aseblief nooit ophou nie?

  2. WINSTO0NEPNAAR Augustus 7, 2015 at 9:53 vm #

    DIT IS N BAIE MOOI GEDIG

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: