Die avontuur van die liefde

28 May

Die avontuur van die liefde laat ons soms ontnugter

Meestal los dit ons verwese, bang, ontbloot en skugter

Maar soms, net soms, gee dit ‘n vlam van binne

Dit maak ons opgewonde, warm, en laat ons vergeet van die verlede se dinge

 

Daardie tipe vlam is nie net eens in ‘n leeftyd

ELKE vlam is uniek…besig met sy eie stryd

Jy voel nooit dieselfde, is nooit dieselfde lief

Maar glo my, dit gebeur weer, in die nag kom hy, soos ‘n dief

 

Toegehul in ‘n waas van vriendskap, jy het dit nie gesoek

Tog die belangrikste begin van ‘n mooi skilderdoek

Nader en nader beweeg jy

Nooit besef dat wat jy inlaat jou dalk eendag sal laat ly

 

Die probleem kom wanneer jy lief raak vir die fisiese dinge

Dit is daardie liefde wat smokkel met jou sinne

Maar kwyn die fisiese, hetsy dit stabiliteit of die uiterlike is

Los dit jou met niks om die liefde mee op te dis

 

Raak lief vir die mens voor jou, dit wat julle deel

Die goeie tye, lag en saam speel

‘n Emosionele konneksie, dit is waarvoor jy lief raak

Dan belowe ek jou niks sal julle kan skaak

 

Die belangrikste is om weer lief te hê

Moenie bang wees nie, moenie gaan lê

Hê lief sonder keer, sonder terughou

Die perfekte liefdes-avontuur  wag net vir jou

 

© Helga Gouws

Passievolle liefde

5 Responses to “Die avontuur van die liefde”

  1. Mattheus Mei 29, 2015 at 6:36 vm #

    Dit kom asof dit moes gewees het. Baie baie dankie.

    • hx September 5, 2015 at 9:53 vm #

      Ek is bly. Dankie xx Hx

  2. hx September 5, 2015 at 11:44 vm #

    Hi Danel. Dankie vir die deel. Jy mag maar my naam onder aan my gedig sit. Groete, Helga Gouws

  3. Rex September 5, 2015 at 1:10 nm #

    Hallo Helga. Goed om jouself te wees, maar die misterie is soms prikkelend. Hou so aan – geniet jou bydraes!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Ek is DANEL. | Danel van Der Merwe - Augustus 25, 2015

    […] Die avontuur van die liefde […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: