Die naam

5 Sep

Helga Gouws

En daar is dit nou, my naam. Ek het altyd net geskryf as Hx…makliker om anoniem te wees en te kan skryf wat ek dink sonder enige nagevolge…Tot ek een van my gedigte, ‘n stukkie van my hart en siel, iewers gesien het met net die woord  “anoniem”  onder.

Ek was anoniem, was te lank anoniem.

So hier is ek, net ek. Niks meer, niks minder.

Ek moet net noem dat nie alles wat ek skryf spesifiek op iemand van toepassing is nie. Baie gedigte is al lank terug geskryf en ek plaas hulle wanneer ek wil (of tyd kry). Niemand moet asseblief die gedigte persoonlik opneem of voel dat ek iemand te na kom nie.

Ek is bang vir die oordeel… dit is immers wat gebeur as jy ‘n stuk van jou siel die wêreld instuur, maar ek is reg vir dit.

Helga Gouws

Hx

11 Responses to “Die naam”

  1. Ancois September 5, 2015 at 12:01 nm #

    Aangename kennis Helga Gouws…Love jou gedigte, wens ekt daai talent gehad!

    • hx September 5, 2015 at 12:11 nm #

      Baie dankie. Waardeer jou kompliment. Sukkel maar nog met die glo-in-myself ding. Kan nie glo dat mense my gedigte lees nie… As iemand soos jy sê jy hou daarvan is daar ‘n klein partytjie in my hart. Baie dankie xxx

  2. rondomtaliedraai September 5, 2015 at 4:49 nm #

    Lekker om jou weer te sien.

  3. Sandra Joyce September 5, 2015 at 5:40 nm #

    Dankie Helga vir jou lieflike gedigte en skrywes. Dis almal net wow wow wow!!

    • hx September 5, 2015 at 5:59 nm #

      Baie baie dankie!

      • MDK Mei 15, 2018 at 1:52 nm #

        HX
        My seun het jou gekies as skrywer om iets oor te se in die klas vir sy mondeling. Maar ons weet nie veel van jou nie. Ietsie kort en kragtigs sal waardeer word, waar jy vandaan kom/hoekom jy begin skryf het/wie of wat jou inspireer ens. Sal die info waardeer, jy weet mos ons ma`s help die kleinspan met hul mondelings. Dankie MDK

      • hx Junie 23, 2020 at 6:54 nm #

        Sjoe, ek is nou hartseer dat ek hierdie boodskap gemis het. X

  4. Hanlie September 6, 2015 at 1:08 nm #

    Lekker om jou naam te hoor, Helga. Ek verslind jou werk, so moenie ophou asseblief. Sterkte!!!

    • hx September 6, 2015 at 1:09 nm #

      Sjoe, baie dankie. Waardeer die kompliment xxx

  5. Gert Marè November 22, 2017 at 5:46 vm #

    Ek hou baie van jou gedigte. Ek voel en dink baie soos jy…ek verstaan presies.

    • hx Junie 23, 2020 at 6:57 nm #

      Baie dankie x

Lewer kommentaar op hx Kanselleer antwoord