Waar is jy

11 Sep

Waar is jy as my oë oopgaan
Waar is jy wanneer ek tas na jou lyf
Waar is jy as ek ter vergeefs soek na die maan
Waar is jy wanneer die son voor die sterre inskuif

Ek weet jy is besig met jou eie dinge
Jou lewe jaag jou die vertes in
Geen een verstaan soos ek
Die soeke na stilwees en kalmte en net ‘n bietjie sin

Waar is jy as die sonlig se hardheid my verblind
Waar is jy wanneer die dinge van die lewe my skaak
Waar is jy as ek nodig het om te glo soos ‘n kind
Waar is jy wanneer die eie ek te veel raak

Ek bly vashou aan dit wat was
Die drome van gister het verdwyn in die nag
Ek is naief en bly glo
Ek staan soos ‘n idioot ter vergeefs en wag

Waar is jy wanneer die stilte oor my daal
Waar is jy as die donker wolke wag
Waar is jy wanneer die die hartseer my kom haal
Waar is jy as ek my oë toemaak aan die einde van die dag
Donker Nag
© Helga Gouws

5 Responses to “Waar is jy”

  1. Riana vd Merwe Oktober 17, 2015 at 10:50 nm #

    Ek is ook n digter…. Hoe gaan ek te werk om van my eie gedigte hier op die webblad te pos… En ook erkenning en terugvoer te kry? Dit sal vir my soveel inspirasie gee…. Baie dankie. My epos is rvdmerwe67@gmail.com

    • hx Oktober 17, 2015 at 11:20 nm #

      Hi! Jy kan net by wordpress aansluit en begin blog. Dit is maar hoe ek begin het. O’ja, moenie jou privaat epos addres hier post nie. Spammers nogal aktief op wordpress. Sterkte! Xxx

  2. Mari Maart 21, 2016 at 4:05 nm #

    Dis die mooiste gedig wat ek nog gelees het, eka 14 jaar oud en ek het sommer op google gekrap vit liefdes gedigte vir my kerêl,toe kom ek op die gedig af en dis so mooi gedig …

    • hx Augustus 1, 2016 at 10:53 vm #

      Baie dankie! xx

  3. Riana Mei 11, 2016 at 5:04 vm #

    Dit laat mens baie dink. Wardeer mekaar terwyl jul by mekaar is

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: