Vergeet van dit langs jou

12 Nov

“Daar vind ek die antwoorde op my hart se vrae in Botswana, sommer so op die lang pad tussen Francistown en Nata.

Net daar tussen niks en nêrens

Daar waar jy net die bande op die pad hul ry liedjie hoor sing, in groot kompetisie met die sonbesies in die snikhete van die dag.

 

Net daar kry ek die antwoord… met die warm wind in my hare… en ek kry sommer ‘n stukkie hartseer ook by.

 

Hier is dit droog… alles is droog. Die wind, my lippe, my gesig… en uiteindelik ook my oë…

Die trane het nie opgehou as gevolg van die hitte nie.

 

Ek leer hier om dankbaar te wees. Mense lewe op God se genade in die uitgestrekte vlaktes. Mopani- en doringbome baklei vir water… Hier en daar ‘n palm wat van wie weet waar kom…vier en trots.

 

Die boere bly op hul knieë, vroegoggend biduur een maal per week. Groot sterk mans staan saam en bid vir reën, glo dat God hul sal hoor, beskerm en lei.

 

Ou tannies soek ‘n skadukolletjie om ‘n sakkie neute te verkoop… Kinders speel in die stof en almal kry swaar, almal is dors.

 

Tog kla niemand nie. Die mense is trots. Niemand bedel nie. Watter les is dit nie.

Wees soos die palmboom daar in die droogte, wees trots, staan uit en kyk op na Bo.

Vergeet van dit langs jou.”

 

© Helga Gouws

Palmboom in Pandamatenga

 

NS:

Hierdie het ek geskryf (of getik) sommer so in die kar 2 dae terug (ek was gelukkig die passasier). Ek lees dit vir die eerste keer vandag en reeds vandag het ek my eie palmboom lessie vergeet. Ek het gekyk na dié om my, myself met hulle vergelyk. Ek het toegelaat dat ander my intimideer, afkraak en klein laat voel. Hierdie is ‘n lessie vir myself en ek deel dit graag met julle. Ek moet ook net noem dat ek soveel gesien het in 3 dae. Ek het ook besef hoekom die boere van Pandamatenga van die mees suksesvolle boere in Afrika is. Hulle kyk nie rond nie, net Op.

 

Vergeet van dit langs jou.

 

Groete,

Helga

5 Responses to “Vergeet van dit langs jou”

  1. rondomtaliedraai November 12, 2015 at 5:24 nm #

    Daar is vir ons almal ‘n les hierin. Dankie vir die deel

    • hx November 12, 2015 at 8:15 nm #

      Dankie vir jou xx

  2. Net Ek November 13, 2015 at 5:03 vm #

    Beslis. Kyk net op.

  3. Toortsie November 14, 2015 at 6:56 vm #

    Wat ‘n wonderlike les! Dankie

  4. Manus November 15, 2015 at 6:47 nm #

    Pragtig en baie waar. Kyk so baie al di genade wat ons ontvang mis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: