My Hart

2 Aug

My hart is totaal en al verdwaal
Dink aan alles wat al was
Veral dit wat ek hoog geag het
Wie het dit kom haal?

Daardie liefhê sonder bang wees
Die vertroue sonder om daaroor te dink
Die eenvoud sonder verduideliking
Die oorgee sonder vrees

Kan die hartseer van my hart
Asseblief die pad vat sommer nou
Jesus sal Jy asseblief kom help?
My beskerm teen die smart?

Here hou my hand nou vas
Ek vra dit uit my hart
Moet my asseblief nie los nie
Ek is banger as wat ek ooit was

Alles wat ek was is nou vergete
Dit wat ek ken is nou verby
Al die hartseer die verlede
Alles wat ek weet is net ‘n mite

Hierdie liefde maak my bang
Die oopmaak en reg staan vir die seer
Maar die ongekende blydskap
Dit is tog waarna ek verlang

Dankie vir die stilte in my
Die wete dat U sê
Hierdie liefde is opreg
En die vrede…hier om te bly

© Helga Gouws

images

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: