Archive | Liefde RSS feed for this section

Lianie May – Jy Soen My Nie Meer Nie

22 Apr

lekker slaap

 

 

 

 

 

 

 

Ek kan onthou hoe jy by my pas
Ek kan onthou hoe perfek dit was
Maar ek soek na jou
En my hart voel rou
Continue reading

wanneer ‘n vrou ‘n man liefhet

11 Apr

wanneer sy vra “lyk ek vet?”

het sy het nodig dat hy sê “jy lyk pragtig”

wanneer sy kwaad en hartseer is Continue reading

anders

9 Apr

iets het verander

ek weet nie wat gebeur het nie

het ek iets verkeerd gedoen of gesê

Continue reading

Ek mis jou net – Johan du Preez

26 Mrt

alleen

 

 

 

 

 

 

 

 

Aan die ander kant van die wêreld.

Aan die ander kant van die kamer.

Met elke tree nader,

Continue reading

Ek verlang…

25 Mrt

hemelse liefde

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ek verlang na jou oë

hulle wat diep-kyk, alles raaksien

selfs dit wat verborge moes bly

Continue reading

Geskenk van bo

24 Mrt

Hemelse liefde

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

jy laat my hart stop

as jy jou arms onverwags van agter om my vou

my hart begin vinniger klop

Continue reading

jammer

23 Mrt

my liefde

hoe kan ek beskryf wat ek dink en voel

ek maak jou seer

en dit is opreg nie wat ek bedoel Continue reading

jy…in my oë

23 Mrt

in jou aksies sien ek doelgerigtheid

in jou woorde hoor ek ‘n visie

in jou verlede sien ek volharding Continue reading

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif

21 Mrt

rooiborsduif vliegAllerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif

want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.

Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek Continue reading

Alles…of niks

16 Mrt

Hou vas my hart

As jy my liefhet

vir wat jy sien,

hoe God my geskape het

is net jou oë lief vir my. Continue reading

Near you always – Jewel

15 Mrt

Tx

omhelsing

Please don’t say I love you,
those words touch me much too deeply
and they make my core tremble
Don’t think you realize the effect you have over me Continue reading

Sometimes it be that way- Jewel

15 Mrt

Hierdie lirieke het vannaand vir my ‘n baie spesiale betekenis. Ek vra om verskoning vir die Engels. Hx

Psalm 51:19 “…’n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! “

God kan jou hart heelmaak, maar jy moet Hom genoeg vertrou om AL die stukke vir Hom te gee…

Hart in hande

Night with its shattered teeth
Attempts to speak
My pen is present but Continue reading

My wens vir jou

9 Mrt

Vrede in jou hart

met dinge buite jou beheer

in elke aspek van jou lewe

in jou gees Continue reading

Jy…

9 Mrt

liefde

Onverstaanbaar, hierdie gevoel in my

hoe werk jou verstand

wat gaan aan in jou hart

is jy teen my liefde bestand?

Continue reading

Soms – Lanzél

23 Feb

Soms as my hart oor sy eie ritme struikel
is dit Vrees wat stop om my op te tel.
Ek’s verkleef aan die vreemde metgesel
terwyl ons aanstap na die alleenwees-hel. Continue reading

In my drome – Anders orkes

23 Feb

Liefde in die sterreVir T x

In my drome

Eks bang ek staan te naby

Ek moet myself weghou

Eks bang jy hoor my hartklop

My hart wat klop vir jou

Eks bang jy sien my oe

Wat traan as ek jou sien

Bang jy voel die liefde

Maar jy voel dit net miskien

Partykeer lyk dit of jy

Dieselfde oor my voel

In my drome

Lê ek langs jou

Voel jou asem warm teen my wang

In my drome

Is als perfek

Omdat jy, omdat jy my ook liefhet

Jy my ook liefhet

Eks bang ek staan te naby

Dis moeilik vir my nou

Eks bang jy sien die liefde

Wat ek moet wegsteek vir jou

Eks bang dat jy my uitvang

En mense daarvan weet

Maar ek is meer bang dat jy

nooit ooit daarvan sal weet

Weet, weet nou

Eks so lief vir jou, lief vir jou , lief vir jou

Vir meer inligting oor Anders Orkes gaan na http://www.andersorkes.co.za

Berading

22 Feb

‘n Man en sy vrou gaan vir berading: Vrou: ‘Dokter, ek het niks van my 15jaar-huwelik nie……’ en sy vertel van haar man se swakhede, geen liefde of aanraking of komplimente nie, en na 15 minute vra die raadgewer haar om na hom te kom. Hy druk haar styf teen hom vas, soen haar in die nek en op die mond. Die vrou gaan in ‘n trans, en die dokter sê vir die man:  ‘Dit is wat jou vrou nodig het, drie maal per week. Kan jy dit doen?’  Man: ‘Wel,  Dokter, ek kan haar Maandae en Woensdae hier aflaai, maar Vrydae vang ek vis.’

Wat is liefde?

26 Nov

Wat is liefde?

Dis ‘n houtkruis teen alleenheid,

‘n Steunpilaar in pyn,

‘n Vuurhoutjie en ‘n olielamp,

Wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis ‘n skouer om op te huil,

Wanneer die wêreld jou soms druk,

‘n Hand wat weet wanneer Om jou vas Te hou,

en wanneer om vir jou ‘n roos te pluk.

Dis ‘n oor wat Na jou luister,

Al praat jy soms nie sense,

‘n Stem wat vir jou fluister:

“Jy’s ‘n dierbare mens.”

Dis ‘n kombers teen die koue,

‘n Sambreel teen die reën,

‘n Fort waardeur geen wind Kan waai,

Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis ‘n telefoonoproep uit die bloute,

‘n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,

En wanneer woorde oorbodig is,

Word Liefde ‘n stille gebed.

Bo alles is Liefde ‘n gawe van God -

Geen mens Kan daarsonder klaarkom -

Dis die kern van Sy grootste gebod.

-Celeste Herman-


Hartroerende stuk geskryf uit Plakkerskamp

18 Nov

 

Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was

om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010.

Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir ‘n rukkie, ‘n

volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan

sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net

moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om ‘n gat te los? In

Sarie se hart het haar kind se dood ‘n gat gelos – vir ewig. Die winter

het ons gevang hierdie jaar.

Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele

bestaan opgesom in ‘n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed?

Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate

vlaktes waar nie eers ‘n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil

hier wees nie, niemand moet hier wees nie…

Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir

lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood,

maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maak

die rede dood ‘n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit

maak dit net dood.

 

Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek

net een keer ‘n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was ‘n tyd wat ek

maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want

sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so

sien nie! Dis ‘n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net

water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou

end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie

eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier’s niks om te eet nie.

Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers

uitgooi, maar wat jy nog kan eet – en jy sal dit eet, selfs al stink dit

soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders

en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.

Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel “scrap metal” en ek

pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek ‘n “tip” of ‘n

brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek

sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder

iets by iemand vat en u my laat straf – al is armwees genoeg van ‘n

straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie ‘n ander mens vir

iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet

vra nie.

Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles

gemaak.

Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is?

Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien

nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier

te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie…

Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue … doodgaan omdat

hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders

vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook?

Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat

ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoe

hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle,

Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in

mense se nood indink of inleef of invoel?

Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook

opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp

op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop

nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog  op my as ma wat maar sal sorg en

sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien.

Hulle leef met ‘n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie.

Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar

weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek

sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons

dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op ‘n

manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons

weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand

meer my “scrap metal” of “tip” my vir die karre wat ek oppas nie. Ek

kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en

deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van

hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die

kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat ‘n

brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.

Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en

bang die lewe kies.

 


Ek het dié as ‘n email gekry, en ek weet ongelukkig nie wie die skrywer is nie.

Vitamiene vir die siel

17 Nov

Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.


Vitamiene A;
vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.

Vitamiene B;
vir Blydskap, smile so nou en dan vir iemand! Continue reading

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 278 other followers