Grappies

Kelnerinne

Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na ‘n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet. Hulle kom toe in die restaurant aan en besluit om die kelnerin te vra: “Ag sal jy asseblief so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?” “Ja seker” is die kelnerin se antwoord, “‘n Mens spreek dit so uit: Sspuuurr!”

Die gehoorapparaatjie

Van Tonder kom agter dat hy bietjie doof word en besluit om ‘n gehoorapparaat te koop. Hy’s net bietjie doof, en verdomp suining, so hy wil nie baie geld uitgee nie.

“Hoeveel kos die goed?” vra hy vir die klerk.

“Dit hang af meneer, ons het modelle van R20 tot R2000.”

“Nou man, waarvoor wag jy, wys my die R20 model.”

Die klerkie vroetel in ‘n laai, haal ‘n apparaat uit en hang dit om Van Tonder se nek. “Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat hang die toutjie tot in jou hemp se sak.”

“Ja ja, maar hoe werk die ding?”

“Meneer, vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy het dit aan, praat hulle sommer harder!”

 

Piet Swart word aangekeer vir ‘n verkeersoortreding. Hy vervies hom vir die verkeerskonstabel en noem hom ‘n esel. Die verkeerskonstabel daag hom voor die hof vir naamskending.

“Meneer,”  sê die landdros, “jy mag nie vir konstabel Viljoen ‘n esel noem nie. U word met R100 beboet.”

“Ek mag nie vir ‘n verkeerskonstabel sê hy’s ‘n esel nie?”

“Dis korrek.”

“Mag ek ‘n esel ‘n verkeerskonstabel noem?”

“As dit jou plesier sal verskaf.”

Piet draai stadig en moedswillig om, kyk die konstabel vas in die oë.  “Tot siens, verkeerskonstabel,” sê hy.

 

Ouma se Broccoli

Die 4 jarige Nico het by sy Ouma gaan kuier en Ouma het dit goedgedink om hom ‘n bietjie meer te leer van groentes en spesifiek die wat sy ma nie eens voorberei nie.

Die spesifieke dag is BROCCOLI aan die beurt en Ouma versin die oulikste
stories oor die boompie wat hy gaan proe.

Hy begin ewe entoesiasties aan die eerste een proe, maar Ouma sien hy
kou al stadiger met ‘n veraf uitdrukking in sy oe. Ouma het net gou in die
spens verdwyn en hoor hom roep: “Ouma, kom kyk gou hier!”
Hy wys toe na sy bord waarop hy die boompie in ‘n hoop rys staangemaak
het, mooi vasgedruk in die middel van die rys. “Kyk, Ouma, hierdie is die
paradys en daardie is die boom waarvan God gese het ons mag nie eet nie!”

Boesman beskryf n heuningby: Dis daai vliegetjie wat die blom eet en die jem poep,hy’t nie die tand by sy bek nie maar hy loop met die asegaai by sy hol…

6 Responses to “Grappies”

  1. M November 17, 2010 at 1:11 nm #

    Ek hou van die verbode boom een… hehe…

  2. Ronel November 30, 2013 at 10:21 vm #

    Ek hou baie van die boesman enetjie!

  3. Kobus Oosthuizen Desember 14, 2013 at 4:29 nm #

    Broccoli grappie is kostelik

  4. Linda November 13, 2014 at 1:40 nm #

    L.S
    Ek hou van die gehoorstuk..

  5. Rina April 20, 2015 at 1:03 nm #

    Almal het my lag. Baie dankie. Net wat die Dr voorgeskryf het

  6. Charlotte manuel Junie 21, 2016 at 9:52 vm #

    E hou van die Boesman enetjie en die Broccoli een, maar eintlik is almal nogal snaaks

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: