Wie is Hx?

Hi

Ek is ‘n doen-dit alles mamma van 2 dogtertjies. Die oudste is nou 7, en hierdie jaar in Graad 2, die jongste is 6 en in Graad R. -my jongste het outisme-

Jy sal meer van my leer hoe langer jy lees (en hoe meer ek skryf!).

Ek is baie sportief, en hou baie van buitelug ekspidisies. My een groot droom is om eendag valskerm te spring! -laat my weet as jy wil saamkom!- Die ander is om September 2015 Kilimanjaro te klim (ek weet, ek weet!!😉

Ek wonder oor die lewe, ons doel op aarde en die invloed wat ons het op mekaar se lewens.

Hoop jy het ‘n wonderlike dag, en dat jy ietsie hier raaksien wat jou twee keer sal laat dink!!

Jy kan my kontak by skoenlappertjie.gedagtes@gmail.com

Hx

 

23 Responses to “Wie is Hx?”

  1. neil stemmet November 7, 2010 at 12:17 nm #

    mooi, oop eerlik, ek beny jou vir die stilte en die donderstorm van jou dorpie, geniet jou kinders en jou man

    • hx November 8, 2010 at 6:13 vm #

      Dankie. Die stilte is bedrieglik, die geraas van die skindertonge oordonder soms selfs die stilste siel. Dit is wel die wonderlikste plek om my kinders groot te maak. Ooptes en omtrent geen misdaad. My kinders kan buite speel en na hulle ouma toe wegloop (moenie vrae vra nie!) sonder dat hulle bedreig voel. Moet my egter nie beny nie, waardeer en geniet jou lewe, elke sekonde daarvan. Ek sal enige iets gee om elke dag die see en tafelberg te kan sien!

      • Magda Botha Januarie 25, 2013 at 4:09 nm #

        Ja wat n voorreg om jou kinders op die Platteland groot te maak. Jy het al hulle maats geken en het presies geweet waar hulle is en wie die mense is waar hulle gaan kuier. Almal se vreugdes en hartseer gedeel. Ai tog en “mev Eksbeterasjy” het ook maar genoeg drama beleef agter die toe deure. Niks bly mos n geheim nie. Niks is rerig vertroulik nie of waterdig nie. Op n dag is ons skielik almal oumas en oupas en almal lyk soos ET van die plooie. Die hele lot weerskante van die spoor. Niemand beter as iemand nie. Mis die stilte en skoon lug waar jy die winterryp op die ooptes kon ruik soggens. Die reen se goddelikke parfuum wat opstyg uit die nat grond. Daar waar mense nog na mekaartoe geloop het en nie soos hier bymekaar verbystorm nie. Geniet die Platteland. More dalk net n droom wat verby gesnel het.

      • Mark Februarie 5, 2013 at 5:37 nm #

        Dis waar wat jy sê oor ander mense beny, As `n mens op vakansie is, dink jy altyd almal is so gelukkig om hier of daar te bly, maar dis mense net soos jy, met dieselfde issues of probleme. Party het net `n mooier view as hulle die slag rondom hulle kyk.

  2. Krista November 12, 2010 at 7:39 nm #

    Valskermspring is fantasties! Ek het dit eenkeer gedoen en jy kan daardie tydjie in die lug vir niemand anders beskryf nie!- die stilte, die uitsig, als. Doen dit! – maak net seker jy doen ‘n ordentlike kursus en nie ‘n crash-course van 2 ure soos ek nie!

    • hx November 15, 2010 at 7:06 vm #

      Dankie, het jy name van goeie plekke wat kursusse aanbied?

      • Krista November 15, 2010 at 8:01 nm #

        Ongelukkig nie, ons was ‘n groepie studente wat daardie dag deur hierdie ou [wat blykbaar nie van meisies gehou het nie en heeltyd “kakkerlakke” genoem is] hierdie crash course aangebied het – iemand anders van die Tegnikon het dit gereël en vir ons by NKP net daarvan gesê en ons het “ja” gesê. ‘n Niggie van my het by die weermagklub aangesluit en sy was baie beindruk met hulle opleiding en hulle doen dit baie veilig. Sy is in Pretoria. Sterkte! ek dink dalk moet jy ook by hulle gaan as jy in daardie omgewing is.

      • hx November 17, 2010 at 10:57 vm #

        Hey, wanneer was jy by NKP? My man was ook daar (hy het eintlik net rugby gespeel!)

  3. Krista November 19, 2010 at 8:17 nm #

    Ek dink ek is bietjie langer terug as jy man daar🙂 ek was nog op die OU kampus…in Agulhas koshuis gewoon met die S-gebou links en die Admin-blok skuinsoorkant met die Bib langsaan… die goeie OU dae🙂

  4. Johan du Toit Mei 9, 2012 at 4:08 nm #

    Jy’t ‘n baie oulike kuber kuierplekkie hier. Ek het vreeslik gelag vir die hondestorie. Hou so aan.

  5. Wynand Kotze November 29, 2012 at 8:44 vm #

    Hey daar! Ek is Wynand Kotzer van radio Namakwaland. Wat is die kans dat ons so kwart voor 4 (vandag) met jou kan gesels oor DIE blog? laat weet so gou as moontlik🙂

    • hx Maart 9, 2014 at 7:43 nm #

      Hi Wynand. Jammer, jou kommentaar het weggeraak so tussen die bedrywigheid op die blog. Lekker aand vir jou Hx

  6. Lowaldo vd Merwe Maart 6, 2013 at 10:44 nm #

    HX…naand..

    Vanaand op jou blad afgekom! Baie mooi…ek stuur jou stukkies vir my mense aan!

    Groete ui Kimberley!
    Lowaldo vd Merwe
    kiri747@yahoo.com

    • hx Maart 9, 2014 at 7:42 nm #

      Baie dankie! Ek waardeer dit xx Hx

  7. BELINDA LOMBARD Maart 12, 2014 at 7:15 nm #

    Hello daar, net maar afgekom op jou blog…nee ek glo nie aan die woord toevallig nie…ek moes op die blog afkom. Gaan dit geniet. Glo my…Groete: Belinda

    • hx Maart 13, 2014 at 8:16 vm #

      Geniet dit😉 xx

  8. Ina Smith April 9, 2014 at 5:25 vm #

    Hi hoe kan ek jou persoonlik kontak , Ek het van jou blogs gelees en dit is baie mooi en met jou toestemming wil ek graag van die geskrewe gebruik ,ek wil nie valskermspring nie , ek kan nie vlieg nie my vlerkies sal maar moet kom die dag as ek onner die grond lê(hopelik),,dis woorde uit die hart ..ek is bevoorreg om 3 keer pw uit te saai ok ‘n radio stasie veral vir van ons SA mense wat nou oorsee bly en ek soek ordentlike stories en sielvolle gedigte ,, baie dankie ,,

    • hx April 9, 2014 at 10:46 vm #

      Ek stuur vir jou ‘n email Hx

      • Gerda Junie 20, 2014 at 6:07 nm #

        Ek het op jou web afgekom en wil baie dankie se vir al die inspirerende boodskappe. Dit is Amazing en wil net meer en meer sien. Ek het ook iewers die stukkie gelees vir die Strandloper en veruil ‘n ou lap vir ‘n nuwe maar kan nie onthou waar nie, het gedog dis op joune maar nou kan ek dit nie kry nie. Stuur dit asb tog vir my aan as dit nie meer op die blad verskyn nie? Liefde groete

  9. christoffel kotze Junie 29, 2014 at 9:49 nm #

    Hx Baie dankie vir jou inspirerende gedsgtes/gedigte ens. Ek is ‘n pensioenaris wat my so af en toe opsaal met my eie projskte. Het eers my oorl. Ma se versameling foto albums gvat en probeer sien hoeveel van die ou fotos van familei en kenisse ek kan eien ens. Dan mooi her-rangskik en name bysit in Scrapbook vorm.
    En toe agtergekom Bloemlesings en Athologies word nie meer op skole gebruik nie–> en begin met nog ‘n projek :- al die mooi gedigte, prosas,poësie, mooi aanhalings : afrikaans en engels. Dieselfde probeer doen (‘n reuse taak) maar genotvol. Ek het soveel geleer.
    Kandit ook as erfstik vir my kinders en kleinkinders.
    Groete
    cakotze

    • hx Julie 23, 2014 at 1:17 nm #

      Wat ‘n wonderlike idee! Jy kan dit dalk publiseer! Sterkte Hx

  10. Chetwin Cloete Januarie 17, 2016 at 11:59 vm #

    Hi ek is Chetwin, eks mal oor jou werk. Hou aan.

    • hx Augustus 1, 2016 at 10:54 vm #

      Baie dankie! Waardeer jou mooi woorde. H

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: