Riglyne

-Job 22:21-

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef,

en so sal jy voorspoed he.

Laat Hy jou leer, en neem sy woorde ter harte”

 

-Psalm 1:1-

“ Dit gaan goed met die mens

wat nie die raad van die goddeloses volg nie”

 

-Spreuke 10:10-

“Wie sy oë sluit vir die waarheid veroorsaak smart.

Wie aanhou onsin praat kom self tot ‘n val”

 

-Psalm 141:3-

“Sit ‘n wag voor my mond Here,

hou tog wag oor wat ek sê”

 

-Spreuke 12:25-

“Bekommernis druk ‘n mens neer,

‘n vriendelike word vrolik hom op”

 

-Spreuke 16:16-

“Probeer liewer wysheid bekom as goud,

liewer insig as silwer”

 

-Psalm 37:4-

“Vind jou vreugde in die Here,

en Hy sal jou gee wat jou hart begeer”

 

-1 Samuel 2:3-

“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,

moenie aanmatigende dinge sê nie,

want die Here is ‘n God van diepe kennis,

dade word deur Hom getoets”

2 Responses to “Riglyne”

  1. renaldo September 25, 2014 at 9:27 nm #

    Geseend

  2. eltia Januarie 22, 2015 at 7:39 vm #

    Dankie vir die teks voorsien onder “riglyne“. Baie keer soek jy net daardie spesiale boodskap om iemand weer terug te stuur, sonder kwade gevoelens , op die regte pad. Wat is beter as n riglyn direk uit die word.

Lewer kommentaar