Archive | Ouerskap RSS feed for this section

Keuses – annerman

22 Mei

Ek het hierdie raakgelees vandag en dit beskryf 100% hoe ek soms voel… geniet dit!

 

Eenkeer in jou lewe verloor jy iemand
Nie omdat jy wil nie
Maar omdat jy moet
Verlore, vir altyd!
Lees voort

Enkel-ouer

23 Mar

enkel ouerdie woord sê niks

verwag meer

gee geen beloftes Lees voort

My liefste kinders

10 Mar

Ma en kinders

My liefste kinders

Al is ek party dae haastig

Soms bietjie kwaai

Wil ek hê julle moet weet Lees voort

Ma

12 Nov

Ma

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
‘n kaalvoet gedig-

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oe
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie

-Antjie Krog-