Tag Archives: grappies

Wiskunde deur die jare

10 Mar

Wiskunde


* Wiskunde in die 1960’s :
‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste
is 4/5 van die prys.
Wat is sy profyt?

* Wiskunde in die 1970’s :
‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5
van die bedrag, of R80.
Wat is sy profyt?

* Wiskunde in die 1980’s :
‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is
R80. Lees voort

Wat gebeur as jy te vinnig briek???

26 Jan

JY SIEN JOU GAT!!! (Letterlik) 😉

Hondemaniere…BAIE BAIE snaaks!!!!

24 Jan

Jammer oor die taal, plek-plek, maar julle hierdie is VREK snaaks julle

moet dit lees!!

Hi,

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde… Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om to doen nie want dis elke dag lets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat 2 jack russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weggee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Die fotos aangeheg is ‘n fokken R700 boks-sak wat hulle gister bygekom het.

Behalwe die boks-sak, het hulle al die volgende goed ook opgevreet

1.     ‘n R450 Rugz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net net verby die 3 weke merk gemaak)

2.     2 Kamp stoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).

3.     20 m tuinslang is in 400 5 cm stukkies gekou.

4.     Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou al 3 handdoeke, 20 onderbroeke, kombuis vadoeke, en ‘n remote opgevreet.

5.     2 Besems

6.     1 Rubber hark.

7.     3 Sakke Charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pik swart honde-kak optel) — En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die weber, balanseer op een of ander onverklaarlike manier homself, stamp die deksel af en trek die sak charcoal uit die weber en vreet dit op.

8.     Al die sif draad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.

9.     Klein boompie wat by my agter deur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele fokken boom opgevreet!

10.   My potplant binne die huis is moer toe.

11.   Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp ‘n speaker draad en spring op al die beddens en banke.

12.   ‘n Grasperk — Hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, want hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag in donner.

13.   2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die felt was dat ek stukkies plastiek in hulle kak gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

14.   Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m Sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.

Nou die aand het hulle klein bietjie alkohol in gekry (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alkohol is baie sleg vir honde en ek sal dit nie weer doen nie, maar ek was raad op en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie… Johnson het soos ‘n bok begin spring en heeltyd op sy kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later… wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer ‘n onskuldige klein hondjie nie.

15.   Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen fokken idêe waarvan ‘n Jack Russel hou nie. Dalk kan dié hondegedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek. Danie het juis gister gesé hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer…

Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack Russels nogal lank. Dis ‘n vonnis, ek sweer! EN, moenie terug mail en se ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met ‘n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf en onder ‘n struik gaan wegkruip. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg. So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. HuIle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Altwee is opreg en Johnson het papiere.

Thanx

Frans

6 Jan

2010 was tough, maar ek het dit gemaak!!!

6 Jan

Afrikaans uit die boonste geskiedenis!

2 Des

Kinders se vraestel antwoorde, dis nou lekker Afrikaans !!

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan uitgewerk.

* Nog ‘n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Egipteland  was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys.  Hulle het in die Sarah-woestyn  gewoon en het  waterbeurte gehad van die min reën..  Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.

*  Moses  het  die  Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

* Die Egiptenare was ‘n  hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie.  Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.

*  Demokrates  was ‘n  beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het.. Hy is dood  omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

*  In die  ou  Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie.

* Johanna van Arkel het van ‘n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met ‘n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van skrik.

*  Koningin  Elizabeth  was die “Maagdekoningin”. As ‘n koningin was sy ‘n sukses, maar nie as ‘n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.

*  Dit was ‘n tydperk van groot  uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.  Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke  wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

*  Abraham  Lincoln  het  Amerika  se grootste  presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog ‘n maagd was en hy is gebore  in ‘n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

*  Johann Sebastiaan  Bach het  baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750  tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis  in  die  wêreld, amper soos  HÃndel. HÃndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad  heelwat verander.

*  Die  negentiende  eeu  was  ‘n tyd  van baie  uitvindsels.  Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin  reproduseer.

*  Die uitvinding van die stoomboot  het ‘n netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die mense gevlug het as die  water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.

* Die Toekoek is ‘n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

* Parallelle lyne ontmoet mekaar  nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

* ‘n Sirkel is ‘n lyn  wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end  te kry, voordat jy dronk word.

*  Die maan is ‘n planeet net soos die  aarde. Daar bly net een man wat baie gelukkig is. Een keer ‘n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.

*  Vegatiewe  voortplanting  is  ‘n proses  waarin een individu per ongeluk ‘n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.

* Koolstofmonoksied is ‘n  reuklose gas wat verskriklik stink.

* Peter Stuyfgestaan is ‘n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.

Koos

29 Nov

Koos vat sy gesin KAAP toe.

Sy seun Jannie maak vriende met n coloured laaitie.

“Jy is seker n Local” vra Jannie, “want ek sien jou voor tande is uit?”

Die coloured sien Jannie se braces in sy mond en vra, “en Djy is seker van Gauteng né?”

“Hoe het jy dit geweet” vra Jannie

“Want ek sien djy het Burglar Bars In Jou Bek”