Hondemaniere…BAIE BAIE snaaks!!!!

24 Jan

Jammer oor die taal, plek-plek, maar julle hierdie is VREK snaaks julle

moet dit lees!!

Hi,

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde… Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om to doen nie want dis elke dag lets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat 2 jack russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weggee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Die fotos aangeheg is ‘n fokken R700 boks-sak wat hulle gister bygekom het.

Behalwe die boks-sak, het hulle al die volgende goed ook opgevreet

1.     ‘n R450 Rugz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net net verby die 3 weke merk gemaak)

2.     2 Kamp stoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).

3.     20 m tuinslang is in 400 5 cm stukkies gekou.

4.     Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou al 3 handdoeke, 20 onderbroeke, kombuis vadoeke, en ‘n remote opgevreet.

5.     2 Besems

6.     1 Rubber hark.

7.     3 Sakke Charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pik swart honde-kak optel) — En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die weber, balanseer op een of ander onverklaarlike manier homself, stamp die deksel af en trek die sak charcoal uit die weber en vreet dit op.

8.     Al die sif draad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.

9.     Klein boompie wat by my agter deur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele fokken boom opgevreet!

10.   My potplant binne die huis is moer toe.

11.   Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp ‘n speaker draad en spring op al die beddens en banke.

12.   ‘n Grasperk — Hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, want hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag in donner.

13.   2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die felt was dat ek stukkies plastiek in hulle kak gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

14.   Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m Sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.

Nou die aand het hulle klein bietjie alkohol in gekry (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alkohol is baie sleg vir honde en ek sal dit nie weer doen nie, maar ek was raad op en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie… Johnson het soos ‘n bok begin spring en heeltyd op sy kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later… wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer ‘n onskuldige klein hondjie nie.

15.   Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen fokken idêe waarvan ‘n Jack Russel hou nie. Dalk kan dié hondegedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek. Danie het juis gister gesé hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer…

Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack Russels nogal lank. Dis ‘n vonnis, ek sweer! EN, moenie terug mail en se ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met ‘n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf en onder ‘n struik gaan wegkruip. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg. So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. HuIle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Altwee is opreg en Johnson het papiere.

Thanx

Frans

6 Responses to “Hondemaniere…BAIE BAIE snaaks!!!!”

  1. Goria Januarie 25, 2011 at 5:44 vm #

    Klink erg verby, nê? Gelukkig is joune darem seker nie so erg nie!

    • hx Januarie 26, 2011 at 9:40 vm #

      Myne is erg!!! Rambo nie meer met ons nie, maar hy het ook maar alles gevreet. Jelly (nuwe worshond) like veral die DSTV draad!!!!

  2. maryka Mei 7, 2013 at 10:58 vm #

    Dis erg snaaks, ons sin is net so stout!

  3. Annatjie Lottering Oktober 16, 2013 at 6:16 nm #

    Dis baie oulik sal graag meer daarvan wil kry. Dankie.

  4. mienkie Maart 27, 2014 at 5:51 nm #

    Omw!!!haha dt klink so real erg snaaks dt vir n oomblik gevoel hy of sy praat van my 2 honde haha

  5. sanet stols Maart 11, 2015 at 11:19 vm #

    Het twee van hulle en ons honde is nie so stout nie gee hulle net genoeg aan dag en liefde my 3 de een is op pad

Lewer kommentaar op maryka Kanselleer antwoord