Ek is verlief…

21 Mei

ek is verlief

 

 

 

 

 

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my sielsgenoot

my alyd-daar

in vreugde en in nood

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my luister-oor

my altyd-eerlik

al is dit nie wat ek wil hoor

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my klankbord

my sin van werklikheid

wat my heel laat word

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my lekker-lag

my kielie-oomblikke

die sonskyn in my dag

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my altyd-vra

my diep-gesprek

wie se opinie waarde dra

 

ek is verlief…

op my beste vriend

my snippie-ding

my liefie-skat

die een wat vir my vrede bring

 

© Hx

Lewer kommentaar