Nodig

5 Apr

Ek het vannaand seergekry…nie fisies  nie, maar emosioneel. Onskuldig, onverwags en ek weet heeltemal nie beplan of bedoel nie. Iemand het ‘n aanmerking gemaak dat vrouens mans nodig het, en dat mans glad nie vrouens nodig het nie. Nou, opsigself is dit ‘n heel onskuldige aanmerking. Ek het gedink dit was met betrekking tot voortplanting gesê…toe nie.

Die seer daarvan vra jy? Dat iemand vir wie ek ongelooflik omgee heelhartig saamgestem het daarmee, en dit beklemtoon en bevestig het (soos wat hy dit glo).

Ek het ‘n tyd hieroor gedink…terwyl ek (die vrou wat glad nie “nodig” is nie) die braaibroodjies gemaak en die skottelgoed gewas het. Dit is nie dat ons mans soseer nodig het nie. Ons het nodig om nodig te voel. -in Engels…we need to feel needed-

Dit is ‘n aardse behoefte. Die behoefte om kinders te hê, om te versorg, om na ons mans om te sien, om kos te kook, naaldwerk te doen, ‘n siek kind in die nag op te pas, ons ouers te versorg, ‘n hartseer vriend/vriendin/vreemdeling ‘n drukkie te gee. Dit is hoekom ons blomme neem as iemand siek is, hoekom ons kos aandra in tye van krisis, hoekom ons raad gee, help en tyd en aandag gee.

Ons het NODIG om NODIG te voel. Punt.

En somtyds voel ek onnodig, glad nie waardeer nie, nie geliefd nie, alleen tussen massas mense, en dat daar een persoon op hierdie aarde is vir wie ek goed genoeg is…en dit is ek.

Die trane lê vlak, my hart is broos, maar ek weet dat ek, net ek, verantwoordelik is vir my eie geluk, dat mense my teleur SAL stel, en dat elke oomblik van lag en geluk ‘n geskenk van God is.

Hx

4 Responses to “Nodig”

  1. Kobus April 6, 2014 at 6:28 vm #

    Soms se n persoon iets sonder om deur te dink en besef nie wat hy werklik se of ondersteun nie, dit is soos n mes steek wond die sal genees maar die merk bly daar vir altyd as n herinnering. As mens ouer word dan besef jy eendag hoeveel steek wonde het jy as persoon toegedien. Kan mens opmaak daarvoor? Van nou probeer ek om geliefd te wees en nie meer die sterk hardvogtige ongenaakbare mens te wees nie. Dankie God dat jy my verander het.

    • hx April 8, 2014 at 9:43 vm #

      Dit is pragtig! ‘n teken van volwassenheid is tog om te besef dat ons ‘n invloed op ander se lewens het. Dankie! Hx

  2. Son April 7, 2014 at 10:53 vm #

    Jy het uiteindelik net jouself nodig. Jy het nodig om goed te wees vir jouself. Heel eerste. Eers dan, as JY heel is, in jouself, kan jy regtig nodig wees in ander se lewens. En die wat jou nie nodig het nie, wel, hulle is ook onnodig in jou lewe

    • hx April 8, 2014 at 9:42 vm #

      En jy is 100% reg! Hx

Lewer kommentaar op hx Kanselleer antwoord