Bang

28 Jun

bang om lief te hê
bang om te vertrou
die gevolg van onvertelde stories
wat hier in my hart lê

Lees voort

Hoekom ek jou liefhet

9 Jun

ek is lief vir jou gedagtes

dit soek die mooi, braaf en goed Lees voort

Liefde met eerste oogopslag

9 Jun

jy…met jou stem, selfvertroue en glimlag

jy was vir my onverklaarlik onweerstaanbaar

selfs op daardie eerste dag Lees voort

My Hart

2 Aug

My hart is totaal en al verdwaal
Dink aan alles wat al was
Veral dit wat ek hoog geag het
Wie het dit kom haal? Lees voort

Jy…net jy

1 Aug

Jy hou my op die regte pad
Jy laat kyk my Op
Jy het God in jou hart Lees voort

Vergeet van dit langs jou

12 Nov

“Daar vind ek die antwoorde op my hart se vrae in Botswana, sommer so op die lang pad tussen Francistown en Nata.

Net daar tussen niks en nêrens

Daar waar jy net die bande op die pad hul ry liedjie hoor sing, in groot kompetisie met die sonbesies in die snikhete van die dag. Lees voort

Wie ek is!

25 Okt

Die opvolg…

Ek het vannaand iets geleer, en ek deel dit met almal. -God is so wonderlik. Hy antwoord sommer dadelik as jy uit die diepte van jou hart na die waarheid soek- Lees voort

En daar is dit verby…

25 Okt

Dit is sekerlik die aakligste gevoel…om lief te wees vir iemand en daardie persoon is nie vir jou lief nie. Ek praat nie van gewone liefde nie. Ek praat van ek-sal-alles-en-enige-iets-vir-jou-doen liefde. Liefde wat jou laat droom, laat huil, laat baklei. Daardie liefde waarvoor jy enige iets sal opoffer…daardie liefde waar jy ‘n ander persoon werklik eerste stel, selfs bo jouself. Lees voort

Vriendskap

17 Okt

Wat is vriende?

Dit is iemand wat jou verstaan

Dié by wie jy net jouself kan wees

Die enigste plek waar jy naak kan staan Lees voort

Waar is jy

11 Sep

Waar is jy as my oë oopgaan
Waar is jy wanneer ek tas na jou lyf
Waar is jy as ek ter vergeefs soek na die maan
Waar is jy wanneer die son voor die sterre inskuif Lees voort

Die naam

5 Sep

Helga Gouws

En daar is dit nou, my naam. Ek het altyd net geskryf as Hx…makliker om anoniem te wees en te kan skryf wat ek dink sonder enige nagevolge…Tot ek een van my gedigte, ‘n stukkie van my hart en siel, iewers gesien het met net die woord  “anoniem”  onder.

Ek was anoniem, was te lank anoniem. Lees voort

Die avontuur van die liefde

28 Mei

Die avontuur van die liefde laat ons soms ontnugter

Meestal los dit ons verwese, bang, ontbloot en skugter

Maar soms, net soms, gee dit ‘n vlam van binne

Dit maak ons opgewonde, warm, en laat ons vergeet van die verlede se dinge Lees voort

Sommer net…

27 Mei

Gesteelde tyd, sommer net ‘n oomblik

Dan gaan die wêreld staan

Kleure vermeng in ‘n beeldskone kunswerk

Dood stil

Net ek en jy Lees voort

After a while…

27 Mei

 

After a while you learn the subtle difference between holding a hand and chaining a soul.

 

And you learn that love doesn’t mean leaning and company doesn’t mean security.

 

And you begin to learn that kisses aren’t contracts and presents aren’t promises.

 

And you begin to accept your defeats with your head up and your eyes ahead, with the grace of an adult, not the grief of a child.

 

And you learn to build all your roads on today because tomorrow’s ground is too uncertain for plans, and futures have a way of falling down in mid-flight. .

 

After a while you learn that even sunshine burns if you get too much.

 

So you plant your own garden and decorate your own soul, instead of waiting for someone to leave you flowers.

 

And you learn that you really can endure;

You really are strong, you really do have worth.

And you learn, and you learn

With every goodbye you learn.

 

-Veronica Shoftsall-

Time

Wie is ek?

18 Jan

Party dae, wag, meeste dae, wonder ek oor my doel, waarooor dit alles gaan. Hoekom mense mekaar so seermaak, helaas nie altyd net fisies nie, maar meestal met aksies en woorde. ‘n Koue skouer, nog ‘n aand in die donker staar na die persoon wie jy so lief het se rug… Lees voort

My hart of my lyf?

18 Jan

Weggesteek vir die wêreld

Tog die wat saakmaak weet

Ons liefde vir mekaar

Te veel om te meet Lees voort

Leeg…

13 Jan

Die leegvoel oomblikke

Kop hang, skouers sak

Uitgetap en sonder moed Lees voort

Die waarheid

11 Jan

As sy wonderlik is sal sy nie maklik wees nie.

As sy maklik is sal sy nie wonderlik wees nie.

As sy die moeite werd is sal jy nie opgee nie.

As jy opgee is jy nie die moeite werd nie.

Die waarheid is dat almal jou gaan seermaak…jy moet net die een vind vir wie die pyn die moeite werd is.

© Helga Gouws

Skoenlappers

7 Jan

Skoenlappers
Prentjie mooi
Hul sweef deur die lug
Lees voort

Die donker…

7 Jan

Die lewe maak soms nie sin nie
Of wel, let’s be honest…daar is baie min tye in my lewe waar dinge wel sin maak.
Lees voort